Skenkings

Bernina Logo BERNINA RSA

BERNINA bestaan in Suid Afrika al sedert 1947. Ons 67 jarige geskiedenis is deurspek met die feit dat ons nie net hier is om masjiene te verkoop nie, maar ook 'n aktiewe en opbouende belangstelling het in hierdie land se mense op alle vlakke van die samelewing.

Die Almagtige Vader se genade dra en laat blom BERNINA nou al vir 67 jaar in Suid Afrika, derhalwe kan ons nie anders as om 'n kanaal vir sy liefde en genade te wees nie – veral waar dit kom by 'n uiters verdienstelike saak soos Faith Durie Kussings Werkskeppingsprojek. Dankie vir die voorreg om onder julle dak tuis te mag voel. Ryke seën word julle Toegebid met julle werksaamhede.

Bernina naaldwerk masjien:

Hierdie masjien van R12 000.00  is deur ‘n groep sakemanne van Pretoria aan die projek geskenk. ‘n Tiende van hul besigheid gee hulle terug aan die gemeenskap. Hulle wil nie hul name genoem hê.

Sagteware vir Bernina borduurmasjien.

Die sagteware wat ons nodig gehad het vir die borduurmasjiene sou ons R18 000.00 gekos het. Hierdie program is ook aan ons projek geskenk deur iemand.

Bernina Borduurmasjien:

‘n R10 000.00 donasie vanaf ‘n “Engel vrou” in Johannesburg is aan ons projek gemaak sodat ons ‘n tweede borduurmasjien kon beskostig. Haar naam is Tinie.